In die donker van die nag Waar die mense soek 'ie krag En die trane van die ou Ossewa Staan n' man met sy hart En 'n blikkie vol draad In die donker van die maan Staan my pa Nou die mense loop voort En die trane behoort Aan die mense wat bly Oppie plaas En die wiele van die wa En die woorde van my pa Is die pad wat bly In my hart Nou die pad is verloor En die mense vermoor En als wat oorbly Is die maan Nou vind ek die krag In die donker van die nag En die pad wat ek vind Is my hart Vat my terug na die plaas Die land van my hart En die pad van my ou Ossewa Vat my terug na my haart Met n blikkie en 'n draad En die klink van my ou Blik Guitaar Vat my terug na die plaas Waar die konsertina's baas En die hemel en aarde Sakkie dans Vat my terug na die bos My hart is verlos En die trane in my mond is Afrikaans