Kishore Kumar Hits

Marisa - Kettiekind lyrics

Artist: Marisa

album: Kettiekind


Kliphard hoor ek jou saam lag
Soos die warm wind op 'n somersdag
Deur die rooisand oor die Namaquaduin
Is dit Kettiekind wat in die verte verdwyn
Sopnat voor my deur en wag
Klop jou hart oor ons so lank moes wag
Soos die druppels op die rooi sand ontplof
Dans jy Kettiekind sonder die wolk van stof
Jou hart klop soos Dawid
Geen reus kan jou laat terug staan nie
Met jou kettie en klip en jou hart aan die brand Lag
Ek oor jou my Kettiekind
Pikswart dis die mooiste nag
Die sterre dans in jou oë so sag
Deur die melkweg tot reg op die maan
Droom jy Kettiekind soos sterre verby ons vlieg
Jou hart klop soos Dawid
Geen reus kan jou laat terug staan nie
Met jou kettie en klip en jou hart aan die brand
Lag ek oor jou my Kettiekind
Gefokus soos Daniel
Geen leeu sal ooit vir jou kan brul
Met jou kettie en klip oë gefokus na bo
Sing ek oor jou Kettiekind
Soos Dawid en Daniel baie lewens aan geraak het
Glo ek ook dat jy geroep is vir 'n groter taak
Met jou kettie en klip en jou hart aan die brand
Lag ek oor jou Kettiekind
Sing ek oor jou Kettiekind
Lag ek oor jou Kettiekind

Поcмотреть все песни артиста

Other albums by the artist

Similar artists