Ek loop alleen, ek dra my eie siel, my eie seer Ek leef 'n solo en ek sing net wat my hart begeer En op my eie klink die melodieë somtyds leeg Maar op my eie is hoe ek nog altyd aan beweeg En toe begin jou note mure af te breek Ek laat jou in, met elke lied besef ek weer Saam met jou wil ek sing Kleur elke leë noot van my lewe in Saam in harmonie klink my hartslied vol, want jy is hier Saam met jou kan ek voel Wat elke woord in elke lied bedoel Saam met jou 't ek besef Die lewe is meer as 'n lied Dis vir ons 'n duet Voor jou het ek my liefdes wense in 'n lied gelos Want ek was bang vir wat te veel hoop my hart sou kos Onbegeleid en onbeplan het jy my stem voltooi En elke lied wat my gebreek het was toe skielik mooi Want jy't begin met note mure af te breek Ek laat jou in, met elke word besef ek weer Koor En ons sal sing deur lig en donker tot die note opraak Want tot die einde van my dae wil ek net saam met jou, Altyd saam met jou musiek maak Koor Die lewe is meer as 'n lied Dis vir ons 'n duet