Die kole gloei, soos vroeër aande. Maar die vuur is in my kop. En 'n ysige wind, skroei my hande. Vas teen die beker, met dop. Die ryp is 'n vlam om my voete. Maar die koue, brand in my bors. En ek drink en ek dink aan die soeter, wyn teen die groter dors. Met 'n koue hart, tot die môre uur. Drink ek teen die vuur in my kop. En ek voel die koue, ek voel die vuur. Vreet my stuk-stuk op. Vreet my stuk-stuk op. Daar's teveel, met die wêreld gefoeter. Daar's teveel met die mense gemors. En ek drink en ek dink aan die soeter, wyn teen die groter dors. Met 'n koue hart, tot die môre uur. Drink ek teen die vuur in my kop. Ek voel die koue. Ek voel die vuur. Vreet my stuk-stuk op. Die helde, na al die geploeter. Lê diep in die aarde se kors. En ek drink en ek dink aan die soeter, wyn teen die groter dors. Met 'n koue hart, tot die môre uur. Drink ek teen die vuur in my kop. En ek voel die koue. Ek voel die vuur. Vreet my stuk-stuk op. Met 'n koue hart, tot die môre uur. Drink ek teen die vuur in my kop. En ek voel die koue. Ek voel die vuur. Vreet my stuk-stuk op. En ek voel die koue. Ek voel die vuur. Vreet my stuk-stuk op.