Vanoggend sien ek weer Die son het klaar sy plan beraam Ek hoor steeds jou stem, ek onthou nog jou naam Net die kaggel is nog hier, om te luister na my saak. Want ek wonder wat dit is, wat jou vir my, so deksels mooi maak. Versigtig om te sê, dat dit jou oë is. Ek wonder of dit regtig, net jou mond is. Te bang om te bely, dat dit jou stem is. En ek weet tog dat dit alles, maar net buite is. Hoor jy my stem Ken jy my naam Praat tog met my Ek wil jou verstaan Hoor jy my stem Ken jy my naam Praat tog met my Want eks ook maar skaam Die eenvoud van jou naam, hoor ek in elke geluid. Die mooi staan in jou skoene, ek het klaar besluit. Dit alles kom nou skielik, so maklik uit. Dis tog net woorde, maar die pen, was toegesluit. Ek weet ek's maar stadig, en jy hou die tyd. Maar wys my jou trane, wat soos druppels lyk. Onthou nog jou stem, ek ken jou profiel. Ek't ook in stofpad, en hy's ook verniel. Hoor jy my stem Ken jy my naam Praat tog met my Ek wil jou verstaan Hoor jy my stem Ken jy my naam Luister na my Net jy sal verstaan Ek hou ook tyd, en dit stap ook aan.