As jy lag en jou dimpels wys Steel jy harte links en regs om jou Pa se seun, jy word gou groot En ek wil wysheid by jou los om te onthou *Ek bid dat Dawid as jy voor jou Goliat staan Dat ek jou groot gemaak het om te weet jy kan 'n reus verslaan, Want Dawid jy's in God se hand Ek bid dat Dawid as jy voor jou Goliat staan Dat ek jou groot gemaak het om te weet Jy is 'n man so na aan God se hart* Weet die pad gaan draaie loop Teerpad, grondpad, somtyds deur 'n sloot Die lewe gaan jou houe gee, Maar lewe voluit, ons lewe net een keer *Ek bid dat Dawid as jy voor jou Goliat staan Dat ek jou groot gemaak het om te weet jy kan 'n reus verslaan, Want Dawid jy's in God se hand Ek bid dat Dawid as jy voor jou Goliat staan Dat ek jou groot gemaak het om te weet Jy is 'n man so na aan God se hart* Ek belowe jou (nou?) dat ek jou Ma vir altyd lief sal hê So belowe my dat jou vrou ook dieselfde by jou sal kry, belowe my Ek bid dat Dawid as jy voor jou Goliat staan Dat jy groot gemaak is om te weet jy kan 'n reus verslaan, Want Dawid jy's in God se hand Ek bid dat Dawid as jy voor jou Goliat staan Dat ek jou groot gemaak het om te weet Jy is 'n man so na aan God se hart Ja, jy's 'n man so na aan God se hart