As ek jou vra Om my hart te dra Op die winde oor die velde 'n duisend dae Sal jy die seer Vir my bedoel, kan keer Sal jy die mooiste drome hou vir my en jou Gee my 'n pleister vir my hart Gee my 'n hart om vas te hou Gee my 'n lewe saam met jou, al is dit net vir nou Gee my 'n pleister vir my hart Waar is daai plek wat ek onthou Ek bly nog wonder so oor jou Sal jy jou weg kan vind na my, sal jy my halfpad kry En bring 'n pleister vir my hart Ek was geleer Dat as jou hart moet skeur, Om die beste van jou hartseer te kan maak Moet jy weer glo En bid vir krag van bo, wat jou sal dra En jou sal hoor as jy dit vra Gee my 'n pleister vir my hart Gee my 'n hart om vas te hou Gee my 'n lewe saam met jou, al is dit net vir nou Gee my 'n pleister vir my hart Waar is daai plek wat ek onthou Ek bly nog wonder so oor jou Sal jy jou weg kan vind na my, sal jy my halfpad kry En bring 'n pleister vir my hart vanaand Eks so alleen ek mis jou elke aand Want as die donker om my hart kom vou Wil ek jou sien, ek wil jou styf vas hou... Gee my 'n pleister vir my hart Gee my 'n hart om vas te hou Gee my 'n lewe saam met jou, al is dit net vir nou Gee my 'n pleister vir my hart Waar is daai plek wat ek onthou Ek bly nog wonder so oor jou Sal jy jou weg kan vind na my, sal jy my halfpad kry En bring 'n pleister vir my hart Jy bring 'n pleister vir my hart