Kishore Kumar Hits

Ray Dylan - Ek Het Jou Nodig lyrics

Artist: Ray Dylan

album: Die Platinum Reeks


Die maan gooi klippe om my hart vanaand.
Dis donker hier en net 'n straatlig brand.
Jou woorde, waai om my.
Ek dwaal en ek soek 'n bietjie hoop vanaand.
Die koue nag vat my aan my linkerhand.
Jou warmte, weg van my.
Die reuk van die reën op die teerpad praat.
Van smeek en trane van hoogverraad.
Ek voel jou, rondom my.
As alles net weer reg en heel kon wees.
As jy my kon vergewe of my siel kon lees.
Ek voel jou, naby my.
Glo jy regtig ons liefde is verby?
Ek het jou nodig, ek het jou lief.
Ek skryf die woorde, in hierdie brief.
Ek stuur 'n sein uit, en ek hoop jy weet.
Dat ek jou nooit sal vergeet.
Ek het jou nodig, ek het jou lief.
Ek skryf die woorde, in hierdie brief.
Ek stuur 'n sein uit, en ek hoop jy weet.
Dat ek jou nooit sal vergeet.
Om terug te keer na 'n doodloopstraat.
Om dinge te sê wat jou seer sal maak.
My woorde, draai om my.
Jou arms om my lyf en jy soen my weer.
Sou jy my kon liefhê vir die laaste keer.
Jou asem, naby my.
Die reuk van die reën op die teerpad praat.
Van smeek en trane van hoogverraad.
Ek voel jou, rondom my.
As alles net weer reg en heel kon wees.
As jy my kon vergewe of my siel kon lees.
Ek voel jou, naby my.
Glo jy regtig ons liefde is verby?
Ek het jou nodig, ek het jou lief.
Ek skryf die woorde, in hierdie brief.
Ek stuur 'n sein uit, en ek hoop jy weet.
Dat ek jou nooit sal vergeet.
Instrumenteel
Ek het jou nodig, ek het jou lief.
Ek skryf die woorde, in hierdie brief.
Oh-ho-oh
Ek stuur 'n sein uit, en ek hoop jy weet.
Dat ek jou nooit sal vergeet.
Ek het jou nodig, ek het jou lief.
Ek skryf die woorde, in hierdie brief.
Ek stuur 'n sein uit, en ek hoop jy weet.
Dat ek jou nooit sal vergeet.
Ek kan jou nooit vergeet.
Ek sal jou nooit vergeet.
Ek kan jou nooit vergeet.
Ek het jou nodig.

Поcмотреть все песни артиста

Other albums by the artist

Similar artists