Moenie weggaan nie Jy moet liewer vergeet- Maar Jy moet net onthou: Verby is verby Wis uit die tyd Van misverstand En die tyd verspil Die aanhou probeer Om te vergeet Van die weggaantyd Gister het gebeur Moenie weggaan nie Maar ... Ek belowe jou nou: Gepêrelde dou Juwele van reën Want so word ons een Ek sal die aarde verskuif Tot lank na my dood Met glans jou beklee In goue lig doop Ek gee jou'n ryk Waar die liefde regeer Soos die liefde ons leer In ons klein koninkryk Moenie weggaan nie Kom luister na my: In elke- dag- taal Vertel ek vir jou 'N liefdesverhaal: Twee mense leer Twee harte versmelt Een liefde ontvlam 'n tweede keer Ek vertel 'n verhaal Van 'n koning se nood Hy sterf van sy liefde Want weggaan is dood ... Moenie weggaan nie Het jy al gesien- Hoe 'n verkluimde vulkaan Wat afgeleef lyk aan die brand kan slaan? Ek dink dit is waar 'N veldbrand wat brand Maak ryker die oes As 'n ryk somersjaar En kom die nag Verhelder die lug As die rooi en die blou In die aandskemer trou Moenie weggaan nie So min bly nou oor: Ek huil nie meer Ek praat nie meer nie Ek wil nie meer nie Ek is nie meer nie Die lewe is leeg Is leeg sonder jou Maak my die skaduwee van jou skadu Maak my die eggo Van die woorde uit jou mond Van jou voetstap op die grond Moenie weggaan nie