En ek wag al sedert die eerste keer Dat ek jou gesien het en ek weet Dat ek hoe lank ek ook al moet sal wag Op die dag waneer ek weet ek mag Kyk in jou oe en kan weet Dat ek in liefde kan glo En jou hand mag neem Sonder sorg, sonder vrees En weet dat jy Die leed van my alleenheid kan genees En van tyd het ek ook geen benul Want dis tyd waarmee ek die leemtes vul Van my hart se swart oneindigheid En die letsels van my eensaamheid Kyk in jou oe en kan weet Dat ek in liefde kan glo En jou hand mag neem Sonder sorg, sonder vrees En weet dat jy Die leed van my alleenheid kan genees En solank daar geloof is Is daar hoop En solank daar hoop is Is daar rede om te lewe En te kyk in jou oe en te weet Dat ek in liefde kan glo En jou hand mag neem Sonder sorg, sonder vrees En weet dat jy Die leed van my alleenheid kan genees...