'N vreemde gesig staan reg voor my Met niks in gemeen, maar ek weet hy verstaan my. Daar was lyne teen die muur, Lig en donker. Maar dit het verdwyn soos mis voor die son. Ek het siel en ek sweer ek het vriende, Ek probeer verstaan en ek leer. Ek wil weet ek wil gee. En ek maak oop my oë En sien diep spore. Daar's ruimte vir almal. Niemand is verlore. Lankal is ek besig, Regverdig my gedagtes. Om te rebelleer Maar ek weet dis belaglik. En ons moet probeer Al weet ons dit maak seer Om te vergeet, te beweeg, kry beheer. En ons wil probeer verstaan Ek wil leer vanaand. Ek wil weet, ek wil gee.ek wil gaan. En ek maak oop my oë En sien diep spore. Daar's ruimte vir almal. Niemand is verlore.