Kishore Kumar Hits

Bittereinder - Taalmeng lyrics

Artist: Bittereinder

album: Skerm


Sê ek dalk wat jy graag wou sê? klink my stem in die donker bekend?
Connect jou denke met pent-up prente en teks wat in die wolke rondswem
Ek bestaan in taalmeng, the poet's pen gives to airy nothing 'n naam wat jy ken
Represent! the frenzy is fine - you'll know when
Soos Lark laat ons toe dat afflatus binne ons beweeg
Dis dark maar die taal-apparatus is nooit ooit leeg
'T gaan oor hoe jy dit lees – 'n open-ended wik en weeg
Elke woord is 'n daad en 'n saadleidraad vir die moord wat jy pleeg
Die leser-speurder speel true detective, investigate jou spoor
Elke lyn oor en oor, begin van voor, sonder om jou
Plek te verloor - die regte vermoë om eggenoot te word tussen beeld en woord
Beeldskone stylfigure, stede gebou van metafoor
Interne rym in elke lyn frame die verwysingsraamwerk
Dis rapteks en die argitekgees van bewuswees wat ons almal saamtrek
Lees tussen die lyne, loop die systrate, soekend in die hoeke van die stad in die aande
Dis die subteks wat die diepste impressions op jou psige kerf in die maanlig
Ek meng my taal met joune
Gees, bloed en spoeg
This argument is over
Naby genoeg
Jy meng jou taal met myne
Land, lug en see
Ek is 'n bittereinder
En ek word meer
Anyway, iets in my wil net aanhou baklei, enter the fray, same fight, different day
Soos the late K. Cobain voel ek something in the way, iets wat die lem van my tong kan sny
'S moeilik om te articulate, 'n vyand sonder shape, in 'n woordlose landskap sonder blaf en sonder byt
En dis juis my strydgrond, dis ink en papier, 'n eindelose sinkende gevoel in die tydsrivier
Vuur blus the mute purist
You're the fuser
Purged with muse-ritme
Merging triangular
Ek meng my taal met joune
Gees, bloed en spoeg
This argument is over
Naby genoeg
Jy meng jou taal met myne
Land, lug en see
Ek is 'n bittereinder
En ek word meer

Поcмотреть все песни артиста

Other albums by the artist

Similar artists