Rust my (of jy hoef nie, trust is moerse risky) Informasie is deursigtig soos die water in jou whisky Feeling lekker frisky, die hoofweg is binêre Kom ons sit en kyk hoe al die eens die nulle bêre "Sies maar jy's suggestief! ek gaan 'n complaint maak: Lirieke eksplisiet, kodes geknoop in vuil taal" 'S reg, jy mag ma', ek's aan die brand soos magma Die uitsendingklagteskommissie in my rugsak Ek glo in die media - ek benodig die illusie Elke woordjie is 'n pixel, elke oog 'n televisie Kyk nie regtig nuus nie, maar ek weet mos genoeg: Ek weet wie ek moet lek en op wie moet ek spoeg Vergruis die berugte Vermorsel die valse inligting Miskien is dit tyd vir die system To get a good taste of its own medicine O, weet jy rerig? vat jou goed en trek Ferreira Jy't heeltemal misgetweet, voetsek Van der Merwe 'N digitale misverstand – the screen might be on But nobody's home, phantom vibration syndrome Information overload, the beach ball is spinning Through blue screens of death, the system is winning I just cannot deal! chill man, jy raas Kyk 'n tutorial - gedra jou soos 'n baas Skerm maak my wakker, skerm 9 to 5 Skerm in die aande, skerm to survive Kerm in die donker, share it on a screen Like, like, like, like, voer my dopamien Dis 'n hele generasie waaroor ek my ontferm Maar vanaand sien ek net my eie gesig in die skerm Vergruis die berugte Vermorsel die valse inligting Miskien is dit tyd vir die system To get a good taste of its own medicine Maak oogkontak met die sidderende skermoppervlak