Kom ons begin met n paar gewyde woorde Julle weet ons hou van min akkoorde Terwyl daar nog 'n jong man van hierdie skillet af hang Voor ons verder hieroor besin Kom ons sit n bietjie ritme in En kyk dan waarheen dit alles gaan Ons het alweer die afdraai gemis Verdwaal in die duine van die wilde weskus Ingesluk deur die krake van die koue aandmis Kom ons sing asof ons nog kan glo Oooohhhhh Een laaste keer van die bo-Karoo Ons is nog hier waar die Here ons gelos het Half op die pad en halfpad in die bos met 'N Halfgebakte plan en dis als deel daarvan Dankie dat ons op jou stoep kan boer Ons is meer as gelukkig met 'n baksteen vloer Ons sal weer hier verby swaai as ons kan Na dit alles wat het ons geleer Daaroor kan ons net spekuleer As ek kan kies dan doen ons dit weer Al hierdie dinge was voor ons uitgelê Oooohhhhh Asof die gode dit self so wou hê Gebore op skrikkeljaar, iewers in die tagtigs 'N Wisselwerking van allerhande kragte Konkel en kronkel deur elke situasie Oooohhhhh Dis weer tyd vir retrospekulasie Oooohhhhh