Goeie more Gemora, Jy het geslaag, Met die verkragting Van die laaste maagd Shalom sodom, Hoekom is ons so dom? Hoekom is ons so Onopgewasse teen jou uitlaat gasse? Ons kinders baljaar in riool plasse. Boor 'n bodemlose pitsweer En dwarsdeur 'n hartseer. Spuit dwelms in haar are Verkrag haar voor n skare. Goeie more Gemora, Jy het gewaag, Om die heiligste stilte Uit te daag. Shalom sodom, Hoekom is ons so dom? Hoekom is ons so Uitgelate onversadigbare vrate? Smeer heuning op ons monde, Vryf sout in ons wonde. Ek hoop jou geld brand gate Deur jou broek se nate. Anorganise-orgasme onskuldige oase. Smeer heuning op ons monde, Vryf sout in hul wonde. En hierde sonde Laat skuim om ons monde. Lig my hoed uit die handtam Net die kambroo. Ek groet uit die tankwa En die bo-karoo. 'N Blom uit namakwa land, 'N tieroog uit griekwaland. Kyk my in my oë En dan boor jy jou pitsweer Dan verkrag jy die maagd weer.