Ek voel vere Appels en pere En gate in my klere Ek praat met die Here En almal gaan tekere Maar ek is tevrede Ek het probeer, maar tevergeefs vergewe Ek het alweer te beleefd gelewe Ek is pannekoekplat Vandat die hemel op my kop geval het 'N Heel bevredigende einde as daar ooit een was Ek vra nooit hoekom nie, ek wag Die buffel ken geen metafisika nie Sal geen vrae oor môre vra nie Ek het my lank genoeg met die vrae bemoei Gesê ek sal die wingerd snoei En ek is nou moeg Moeg gewroeg Vir wat bekommer jy jou oor my Ek sal vat wat ek kry Dit is genoeg Dis oorgenoeg.