Kishore Kumar Hits

Armand Steenkamp - Ek Kan Nie Dans Nie (Maar Ek Kan Vry) lyrics

Artist: Armand Steenkamp

album: Ek Kan Nie Dans Nie Maar Ek Kan Vry


Dit was op n aand by n boereplaas dans in die klipberg stoor in bitterfontein
Hier en daar en oral waar
Die brannewyn loop en die vleis is gaar
Ek staan in die hoek met my dop in my hand
Ek is n plaasklong van die boesmanland
Skaap sien ek baie maar meisies min
Maar ekke kan n lekker vry want ek het vroeg begin...
Daar kom n mooie girl na my toe gestap
Sy sê vir my hello jy
Ek sê ek kannie dans maar ek kan vry
Stap saam met my as jy lekker wil kry
O renetjie ek konnie n woord uit kry nie
Want gewoonlik praat mooi meisies nie met my nie
O renetjie gee vir my nog n kansie
Want ek kan lekker vry maar ekke kannie dans nie...
Sy draai toe om en sy stap toe weg ek vat n moedskep dop n dubbel ouberg
En ek dink by myself as ek jou vanaand kry
Moet ek en jy n draai in my bakkie gaan ry
En later ja kry ek haar by die bar ek kyk vir haar en sy sê vir my
Dis die laaste kans wat jy vanaand gaan kry
Dans met my of ek gaan droë bek bly...
En ek skraap toe maar al my moed bymekaar
Daar speel n song van dewald dippenaar
Ek het verseker vanaand my rooi velskoene aan
Toe dans ek en sy dat die stof so staan
O renetjie ek konnie n woord inkry nie
Want gewoonlik praat mooi meisies nie met my nie
O renetjie gee vir my nog n kansie
Want ek kan lekker vry maar ekke kannie nie dans nie
O renetjie ek konnie n woord inkry nie
Want gewoonlik praat mooi meisies nie met my nie
O renetjie gee vir my nog n kansie
Want ek kan lekker vry maar ek kan lekker vry maar ekke kan nie dans nie

Поcмотреть все песни артиста

Other albums by the artist

Similar artists