Kishore Kumar Hits

Fokofpolisiekar - Antibiotika (Live) lyrics

Artist: Fokofpolisiekar

album: Sweet 16 (Live)


Dit was 'n gelukskoot
Volksmoord vermy
Wie sê Afrikaans is dood?
Jammer meneer, ek het my les geleer
Die goddelose het geen heenkome
Ruik soos tienergees
'N Bleeksiel tussen die spoke
Donker Afrika is net donker vir dié met oogklappe aan
Hy wat nie kan dink
Wie se harsings hard en stowwerig is
Mik vir my hart
Dit pomp wildernis hier binnekant
Ek's net 'n toeris
In my geboorteland
'N Gekweste dier in 'n hok
Op antibiotika
Dis die waarheid wat my geweld aandoen
Ek leef in ongeloof
My leed is eindeloos
Wil jy stilstaan as ek voortgaan?
Wil jy stilstaan as ek voortgaan?
Hoe kan mens dink as jou hande altyd vasgebind is?
Mik vir my hart
Dit pomp wildernis hier binnekant
Ek's net 'n toeris
In my geboorteland
'N Gekweste dier in 'n hok
Op antibiotika
Mik vir my hart
Dit pomp wildernis hier binnekant
Ek's net 'n toeris
In my geboorteland
'N Gekweste dier in 'n hok
Op antibiotika

Поcмотреть все песни артиста

Other albums by the artist

Similar artists