Kishore Kumar Hits

Fokofpolisiekar - Afgesonder lyrics

Artist: Fokofpolisiekar

album: Selfmedikasie


Skerp Afrika-son wat klop op my rug
Panga-woorde wat op my oerwoud-ore val
Hou 'n oop gemoed
Ek sê vertrou niemand nie
Ek het die harde manier geleer
Ek kyk weer na die horison
Weet waar my vreugde vandaan kom
Dit is moeiliker om 'n kind groot te maak
As om grootmens te speel
By die suidpunt
By die see
Leef ons afgesonder
Van die wêreld afgesny
By die suidpunt
By die see
Leef ons afgesonder
Van die wêreld afgesny
Hou 'n oop gemoed
Ek sê vertrou niemand nie
Vertrou niemand nie
My onkunde is dalk my kruis
Ruggraat in die sitkamer verloor
Baklei en skree
Oor en oor
Dit is makliker om kinders te maak
As om grootmens te wees
By die suidpunt
By die see
Leef ons afgesonder
Van die wêreld afgesny
By die suidpunt
By die see
Leef ons afgesonder
Van die wêreld afgesny
Hou 'n oop gemoed
Ek sê vertrou niemand nie
Dit is veiliger hier
Minder misdaad
Meer vakansieoord
Werklik 'n wêreldklas-stad met
Wêreldklas-kak
Hierdie bubble gaan bars
Hierdie bubble gaan bars

Поcмотреть все песни артиста

Other albums by the artist

Similar artists