Kishore Kumar Hits

Fokofpolisiekar - Van Weelde en Rykdom lyrics

Artist: Fokofpolisiekar

album: Antibiotika


Ek probeer 'n lae profiel handhaaf
En ek probeer om my growwe kante glad te skaaf
As ek net kon beter voel
As ek net kon beter doen
Dis 'n logiese afleiding
Ná jare se breinskade
Is ek tot 'n afhanklike verdoem
Als wat skitter, glinster selde heeltyd dieselfde
En in retrospek is dit jou naaste wat jou mishandel
Ek word deur my begeertes beheer
Ek's net 'n leek wat selde uit sy foute uit leer
Ek laat myself in die steek
Keer op keer
Keer op keer
Is ek onbeskut teen stormweer
Als wat skitter, glinster selde heeltyd dieselfde
En in retrospek is dit jou naaste wat jy mishandel
Ek dink ek weet
Ek dink ek weet hoe jy voel
Maar hoe kan mens verseker wees?
Ek dink ek weet
Ek dink ek weet hoe jy voel

Поcмотреть все песни артиста

Other albums by the artist

Similar artists