Laaste sigaret Kom ons rook nog 'n laaste sigaret en ek mag dalk net My wereld vir jou staan en gee Want jy't gepreek tussen die wit lakens En ek het geluister na jou lyf se taalkuns Dalk moet ons net alles vergeet Maar dis moeilik, as jy terug dink Daar was 'n storm wat 'n weermag nie kon keer nie Ons was veilig, in ons kluise Dalk moes ek net nooit my sleutel vir jou gegee het nie As ons weer sien, is dit totsiens Vir 'n wyle maar ek glo nie daar's keer nie Sal jy soengroet, of my beboet, Deur my te los in die doolhof van my geheue En ek kom dalk van die kant af, heel blatant Maar ons dae is mos nou reeds getel Dink jy eenkeer gaan genoeg wees, ek bevrees Dat die teenkant hier gaan geld