Boeke is vol stories lief En tydskrifte ook Jy koop 'n glimlag, vir 'n oomblik Totdat als verdwyn in rook Die lewe is 'n raaisel 'N netjiese gemors Ek wil net vir jou sê Ek mis jou en dit brand my net soos vuur Nog 'n hotel, nog 'n stop Nog 'n reis in my kop Dan hou ek jou weer teen my En ek wil jou nooit los Drome word soms waar Maar vanaand is myne op Ek wil net vir jou sê Ek mis jou en dit brand my net soos vuur Die koudste koud is sonder jou Die verste ver is ver van jou Oe oe oe, ek mis jou Ek wens jy was nou hier Ek mis jou en dit brand my net soos vuur Laat aande leë strate My woorde val so deur die krake Al praat ons op die telefoon Voel alles hier verlate Als was so vanselfsprekend Totdat ek alleen moes staan Nou's jy al wat ek wil hê En ek mis jou en dit brand my net soos vuur Die koudste koud is sonder jou Die verste ver is ver van jou Oe oe oe, ek mis jou En ek wens jy was nou hier Ek mis jou en dit brand my net soos vuur Ons praat maar op die telefoon Badtyd is klaar, die kinders skoon Dis hemel daar by jou Maar jy dink dis net gewoon Ek was nooit gemaak om op 'n enkelbed te slaap Jou wegwees los my leeg En ek mis jou en dit brand my net soos vuur