Die lig het erens vir die eerste maal geskyn 'N Vlam in my hart, die begin van 'n lyn. Die begin van ons storie Ek en jy was soos dagbreek vir die donker binne my. Eers net 'n skrefie, dan 'n skeur Totdat die liefde deur elke kraak kom beur. Nou voel ek jou warm soos ek staan in die lig Jy my dagbreek jy laat die donker vlug. Kom weer terug Jy wat die mooi sien in my Kom weer terug en Bly hier by my. Al kom daar ook teespoed. Al kom daar ook seer. Al moet ek staan en klop aan elke liewe deur. Al raak ek oud Al kry ek seer Jy my dagbreek, jy sal die donker keer. Kom weer terug Jy wat die mooi sien in my Kom weer terug en Bly hier by my.