Al die ure, elke nag wat ek verby wens Die gesigte in my drome, ek weet dis jy Ek mis jou, die verlange laat my hart huil Jou laaste woorde sny deur my Dit sny deur my Ek staan in die reën Net ek alleen En ek wonder, ek wonder Sal jy my eendag onthou As jou wêreld leeg raak om jou Sal jy onthou, sal jy my onthou As liefde sy rug op jou draai En jy na 'n beter lewe wil blaai Sal jy onthou Sal jy my onthou Ek probeer vergeet, elke foto het jou naam op Jou glimlag bly in my, jy bly in my Mag my woorde 'n merk in jou gedagtes los Mag ek daar wees in jou drome In jou drome Môre is ook eendag En my hart bly hoop Maar ek vra jou, ek vra jou Sal jy my eendag onthou As jou wêreld leeg raak om jou Sal jy onthou, sal jy my onthou As liefde sy rug op jou draai En jy na 'n beter lewe wil blaai Sal jy onthou Sal jy my onthou