Kishore Kumar Hits

Juanita du Plessis - As Vandag My Laaste Dag Is lyrics

Artist: Juanita du Plessis

album: 20 Jaar Treffers van 2008 - 2018


As die son in die oggend opkom, en die wêreld vir my sing
As my hart nog klop hier binne my, nog 'n dag van lewe bring
Bly ek wonder, wat as vandag my laaste dag is?
Die lewe maak soms draaie, wat niemand kan verstaan
Vandag is jy hier, maar as more kom is dit dalk tyd om te gaan
En ek wonder, wat as vandag my laaste dag is?
Ek sal lewe, dieper liefhê, elkeen na aan my net 'n rukkie langer vashou
Ek sal vergewe, tot aan die einde, en met vrede in my hart my oë wil toemaak
As vandag my laaste dag is
Elke uurglas loop tog iewers leeg, elke lewe het 'n lyn
Het ek genoeg gesê, het ek genoeg gewys of sal my spore gou verdwyn
Ek bly wonder, wat as vandag my laaste dag is?
Ek sal lewe, dieper liefhê, elkeen na aan my net 'n rukkie langer vashou
Ek sal vergewe, tot aan die einde, en met vrede in my hart my oë wil toemaak
As vandag my laaste dag is...
Elke hartklop, elke asem, dis net vir my geleen
Elke oggend as ek wakker word, weet ek dis seën
En ek belowe sag, as dit vandag my laaste dag is
Sal ek sal lewe, dieper liefhê, elkeen na aan my net 'n rukkie langer vashou
Ek sal vergewe, tot aan die einde, en met vrede in my hart my oë wil toemaak
As vandag my laaste dag is
As vandag my laaste dag is
As vandag my laaste dag is

Поcмотреть все песни артиста

Other albums by the artist

Similar artists