Kishore Kumar Hits

Juanita du Plessis - Is Dit Jy lyrics

Artist: Juanita du Plessis

album: Volmaakte Kring


Dit was lank gelede
Ek onthou nog jou soen
Maar ons was nog jonk
Wou nog so baie doen
Het my lewe lank altyd gewonder, geraai
Wie die regte een sou wees
Met jou foto steeds teen my kamermuur
Staan jy jare later hier
[Koor]
Is dit jy wat weer in my drome dwaal
Is dit jy
Is dit jy wat weer in my kop kom maal
Want ek dink net aan jou
Is dit jy wat my hart in jou hande hou
Is dit jy
Is dit jy wat die son weer om my sal vou
Want ek dink ja ek dink net aan jou

Soos die suidewind
Het jy deur my kom waai
In 'n oogwink
Het jy als omgedraai
Toe jy my kom groet met jou glimlag soet
Kon ek dit in jou oë lees
Al was dit jare terug of hier en nou
Dis bedoel om te wees
[Koor x2]
Is dit jy wat weer in my drome dwaal
Is dit jy
Is dit jy wat weer in my kop kom maal
Want ek dink net aan jou
Is dit jy wat my hart in jou hande hou
Is dit jy
Is dit jy wat die son weer om my sal vou
Want ek dink ja ek dink net aan jou

Поcмотреть все песни артиста

Other albums by the artist

Similar artists