Alles wat jy hoor van my is waar Ek is die koelste ou in de Aar se bar, sowaar So hou op staar Maar as lang Jan Vaal hier binne kom Trek ek my lippies so bietjie krom Want ek's so effe, ja net so effe, bang vir hom Verder is ek 'n yster Ja, as ek praat dan moet jy luister Ek slaan dit reg met die vuiste Ek's die koelste ou in de Aar se bar As die flieks Woensdae aande wys Bryl creme ek my drie duim kuif En ek vra vir haar, hoe lyk dit met 'n movie daar Nee dankie, rooi Gert het my klaar gevra Dan staan ek maar so effe, effe verslae Want daardie ou, ja hy, gee 'n helse pakslae Verder is ek 'n yster Ja, as ek praat dan moet jy luister Ek slaan dit reg met die vuiste Ek is die koelste ou in de Aar se bar ... Verder is ek 'n yster Ja, as ek praat dan moet jy luister Ek slaan dit reg met die vuiste Ek is die koelste ou in de Aar se bar Een dag wou ek kafee toe stap Toe gee my ma my 'n helse pak Sy sê mos "jy weet dat jy bang is" Die babbelas, die gaan jou vang Verder is ek 'n yster Ja, as ek praat dan moet jy luister Ek slaan dit reg met die vuiste Ek is die koelste ou in de Aar se bar Ek is die koelste ou in de Aar se bar