Kishore Kumar Hits

ZAK VAN NIEKERK - Mampoertyd (Met Penkoppe Boereorkes) lyrics

Artist: ZAK VAN NIEKERK

album: Hoeter Oppi Leeuplaas


Daar in die Groot Marico, goeie bosveld atmosfeer
Word daar erg mampoer gestook, daai goed maak jou seer
Van pynappel tot waatlemoen, lemmetjies en peer
Vyftig tot 'n honderd persent, die goed sit vir jou neer
Dit is mampoertyd, op Groot Marico
Te veel vir 'n kar, kom ons ry met die Vito
Toet-Toet, dans-dans, man dis lekker hier
Ons gaan deurdruk tot dagbreek, los die mampoer vat die bier
Elke jaar word daar fees gehou, die manne stal weer uit
Kom proe gerus aan die ene want, hy sal nie vir jou knyp
'N Lekker ou lekeurtjie, byt die vir jou uit
Vroeg na die middag vandag, clutch die manne weer uit
Want dis mampoertyd, op Groot Marico
Te veel vir 'n kar, kom ons ry met die Vito
Toet-Toet, dans-dans, man dis lekker hier
Ons gaan deurdruk tot dagbreek, los die mampoer vat die bier ...
Na maande se stook, kom die lekker sous
Oom Gertjie, die ou bekende, sy van is mos ook Gouws
Hy ken die goue geheim, hy's 'n stoker van lankal
Van mampoer sal jy hom niks kan leer nie
Sy ligsap laat jou wankel
Dit is mampoertyd, op Groot Marico
Te veel vir 'n kar, kom ons ry met die Vito
Toet-Toet, dans-dans, man dis lekker hier
Ons gaan deurdruk tot dagbreek, los die mampoer vat die bier
Dit is mampoertyd, op Groot Marico
Te veel vir 'n kar, kom ons ry met die Vito
Toet-Toet, dans-dans, man dis lekker hier
Ons gaan deurdruk tot dagbreek, los die mampoer vat die bier
Los die mampoer, los die mampoer vat die bier

Поcмотреть все песни артиста

Other albums by the artist

Similar artists