Kishore Kumar Hits

ZAK VAN NIEKERK - MAN DIS LEKKER lyrics

Artist: ZAK VAN NIEKERK

album: BYT MY


By die sinkdam naby Aggenhuis
Het ek die voete gekielie, van 'n mooi Patrys
Haar rok het gelyk soos 'n saal gordyn
Aan haar hand, was daar 'n rooi robyn
Haar pa het 'n jakkals aan sy stert gevang
Met 'n ys teken, en 'n plaas draadtang
Hy loop al krom, soos 'n boemerang
En hy was nog nooit vir die ouvrou bang
As die son loop lê op sy ander plek
Sit die mooi Patrys op die uitkykhek
En ek zoem om ha' soos 'n heuningby
Ag man, dis lekker om so te kry ...
Haar ma het gekook in die groen kombuis
En haar voorskoot lyk soos 'n blom paradys
Langs die meelblik lê daar 'n strepiesmuis
Sy't hom doodgeslaan met haar eie vuis
Langs die hout hoop lê ou Bokkerol
Hy lyk na hond, ma' sy maag is vol
Tussen sy oë sit 'n spierwit kol
Sy ribbes wys, en sy rug is hol
As die son loop lê op sy ander plek
Sit mooi Patrys op die uitkykhek
Ek zoem om ha' nes 'n heuningby
Man, dis lekker om so te kry ...
Een aand op 'n dans, daarop Bly-by-my
Het ek klein Patrysie beetgekry
Ons loop nog so in die pad en fluit
Toe ha' pa my sê ek moet huistoe ry
Patrys wou ek hê, niks kon my keer
Probeer is mos, die beste geweer
Al was dit hard, en al was dit seer
Ek het wat ek het, maar ek vra niks meer
As die son loop lê op sy ander plek
Sit mooi Patrys op die uitkykhek
Ek zoem om ha' soos 'n heuningby
Man, dis lekker om so te kry
As die son loop lê op sy ander plek
Sit mooi Patrys op die uitkykhek
Ek zoem om ha' soos 'n heuningby
Ag man, dis lekker om so te kry

Поcмотреть все песни артиста

Other albums by the artist

Similar artists