Kishore Kumar Hits

Thys Die Bosveldklong - Tant Stienie van Goudini lyrics

Artist: Thys Die Bosveldklong

album: Looks Is Nie Alles Nie


Nou sy't 'n moesie op haar wang gehad, net waar mens daarvan hou
Haar lippe was soos rooiwyn, haar oë die see se blou
En haar haarkloof kon jou kielie, tot jou hart jou daar laat dans
As haar lyftaal aan jou oë hang, dink die manne daar's nog 'n kans
Tant Stienie van Goudini, toe nooit 'n man gesien nie
Nooit gekry wat sy verdien nie, was haar sonde nooit ontsien nie
Tant Stienie van Goudini, toe nooit 'n man gesien nie
Nooit gekry wat sy verdien nie, was haar sonde nooit ontsien nie
Tant Stienie het 'n lyf gehad, sy was fisies klein gebou
Daai heupe, en daai kanne, wou die manne net laat trou
Maar tant Stienie was 'n spesie, so effe skeef gebou
Sy had g'n sin met manne nie, want haar liefde was vir vrou
O, die Dominee was stom geslaan, toe hy met haar moes praat
Toe sy saggies aan sy bo-been raak, was die leraar sonder raad
En die ring het hom belowe, al sou hy ewig leef
Sou hy ewig op sy knieë staan, sou niemand hom vergeef
Tant Stienie van Goudini, toe nooit 'n man gesien nie
Nooit gekry wat sy verdien nie, was haar sonde nooit ontsien nie
Tant Stienie van Goudini, toe nooit 'n man gesien nie
Nooit gekry wat sy verdien nie, was haar sonde nooit ontsien nie ...
Tant Stienie se liefde was veroordeel en vertrap
En later het sy eensaam in die lewe terug gesak
En die storie van haar lewe was drur mense kromgedraai
Nooit gegee wat moes gegun word
Net gemaai en nooit gesaai
Tant Stienie van Goudini, toe nooit 'n man gesien nie
Nooit gekry wat sy verdien nie, was haar sonde nooit ontsien nie
Tant Stienie van Goudini, toe nooit 'n man gesien nie
Nooit gekry wat sy verdien nie, was haar sonde nooit ontsien nie
Tant Stienie van Goudini, nou afgeleef en sinies
Oorgewig en vol fiemies, ou tant Stienie van Goudini

Поcмотреть все песни артиста

Other albums by the artist

Similar artists