Kyk die mense in die strate, dokters, staats-amptenare Almal dra geheime in die mou Soos papierpoppe op kaarte, word ons leeg sonder harte En daar's niemand wat 'n ander meer vertrou Waarom sien ons die splint in 'n ander een se oog En staar ons altyd blind in die van ons Dieselfde son wat daar skyn, gee aan almal deel van hom O moet nie oordeel nie, en wys nie 'n vinger nie Ons almal woon in huise van glas Kyk die nuus in die koerante, oordeel van alle kante. Is daar dalk 'n skuldgevoel wat skuil En die mense praat en skinder, oor die dinge wat hul hinder Maak nie saak wie huil nie, dis die styl. Waarom sien ons die splint in 'n ander een se oog En staar ons altyd blind in die van ons Dieselfde son wat daar skyn, gee aan almal deel van hom O moet nie oordeel nie, en wys nie 'n vinger nie Ons almal woon in huise van glas Sê my waar is die broeder liefde, dalk gesteel deur die nag diewe Al wat nou nog oorbly, is verwyte en kritiek Waarom sien ons die splint in 'n ander een se oog En staar ons altyd blind in die van ons Dieselfde son wat daar skyn, gee aan almal deel van hom O moet nie oordeel nie, en wys nie 'n vinger nie Ons almal woon in huise van glas