Hoop jy voel al beter Ons het gewaai en nie gegroet nie Sterre in ons rooi oë verloor Hoop dit voel soos gister Son met die see uitgespoel Kan jy onthou hoe om te voel? Maklik om die duiwel te blameer Het baie maklik van ons jeug vergeet Ek wens ek kon die bybel blameer Êrens in 'n boekrak ons stories uitgevee Hoop dinge raak beter Ons wêreld wentel wragtig wreed Planete vir ons in lyn gebring Die krag is af en die brein uitgespoel Meester word die slaaf Ja, jy's reg en ek is verkeerd Maklik om die duiwel te blameer Het baie maklik van ons jeug vergeet Ek wens ek kon die bybel blameer Êrens in 'n boekrak ons stories uitgevee In die oop stukke grond Hardloop die tarentale tussen molshope rond Gorillas hang by die ruit Met daai groot hande gooi hul die blikke in die straat uit Ek het die comic gesteel onder die skadu van die kerktoring Die lewe in verwondering Terwyl ek aan die gekraakte muur vasklou Wens ek tyd kan nou net ophou Maklik om die duiwel te blameer Het baie maklik van ons jeug vergeet Ek wens ek kon die bybel blameer Êrens in 'n boekrak ons stories uitgevee Maklik om die duiwel te blameer Het baie maklik van ons jeug vergeet Ek wens ek kon die bybel blameer Êrens in 'n boekrak ons stories uitgevee