Soos Coco Pops en kaas Coco Pops en kaas Jy kan sê wat jy wil dit bly verseker Daar's 'n ding of twee wat ons nog kan leer Party goed saam werk net beter En as jy jou weer kom kry, dan soek jy meer Dis soos tjips op 'n broodjie, piesang en kaneel Vra oumagrootjie om resepte te deel Suiker en botter op 'n roosterbroodjie Ai sulke dinge kan mos nooit verveel Maar ons staan uit soos 'n orkaan Want Ek en jy gaan saam, soos Coco Pops en kaas Ek en jy gaan saam, soos Coco Pops ek kaas Kyk maar net, almal is verbaas Daar's 'n baie groot kans dat ons koppe dalk raas Ek en jy gaan saam soos Coco Pops en kaas Soos Coco Pops en kaas Jy kan stry soos jy wil maar ek weet beter Daar's baie om te leer maar dit kom maar met tyd En min wil my glo, ja ek beleef dit Dis 'n hartseer ding, maar 'n feit is maar 'n feit Dis die klein bietjie sout met baie, baie suiker Oorskiet tjops, die oggend na die braai Sê wat jy wil dit bly maar lekker Ek en jy kan verwoesting saai Maar ons staan uit soos 'n orkaan Want Ek en jy gaan saam, soos Coco Pops en kaas Ek en jy gaan saam, soos Coco Pops ek kaas Kyk maar net, almal is verbaas Daar's 'n baie groot kans dat ons koppe dalk raas Ek en jy gaan saam soos Coco Pops en kaas Soos Coco Pops en kaas Dis soos pie en 'n melkie, boer met 'n bees Wie sou kon dink dat dit so lekker kan wees Yskoue koffie in die oggend op die land Soet en sout gaan mos hand aan hand En ons staan uit soos 'n orkaan Want Ek en jy gaan saam, soos Coco Pops en kaas Ek en jy gaan saam, soos Coco Pops ek kaas Kyk maar net, almal is verbaas Daar's 'n baie groot kans dat ons koppe dalk raas Ek en jy gaan saam soos Coco Pops en kaas Soos Coco Pops en kaas