Ek wag in die straat vir genade brood Bedel bietjies hoop met die bakhand oop Met 'n bord en 'n blik skep ek koper krummels Van die hand tot die mond val die pap op die grond Daar's nie iemand om my op te tel nie En niemand is alleen se pel nie Hier staan ek nou Tot die Bloutrein uit die hemel kom Meneer as die Bloutrein kom Tot die Bloutrein uit die hemel kom Meneer as die Bloutrein kom Die kos lê koud in hierdie middernag land Met 'n helpende hand net 'n iets vir die aand Ek delf in die myne vir die silver sikkels Dis 'n groot gesukkel Daar is niks meer oor nie Daar's nie iemand om my op te tel nie En niemand is alleen se pel nie Hier staan ek nou Tot die Bloutrein uit die hemel kom Meneer as die Bloutrein kom Tot die Bloutrein uit die hemel kom Meneer as die Bloutrein kom Dis 'n bitter soete swane sang Maar kaalvoet op die teer raak seer Meneer Daar's nie iemand om my op te tel nie En niemand is alleen se pel nie Hier staan ek nou Tot die Bloutrein uit die hemel kom Meneer as die Bloutrein kom Tot die Bloutrein uit die hemel kom Meneer as die Bloutrein kom Tot die Bloutrein kom