Lank gelede by die kloof Aan die Magaliesberg se hang Toe diè wat dit vertel nog kinders was Het 'n siel geswerf wat kind was Maar op sy manier 'n man Gebore om die berge op te pas En as die donderwolke saamsweer Teen die kranse by die kloof En die dag word soos 'n sterrelose nag En die dreuning van die donder elke ander klank verdoof Het almal op sy vreugdeslied gewag Want die kranse was sy mure En die hemel was sy dak En sy vriende was die donder en die reen En wanneer hy klippe bergaf rol En doringboompies knak Was hy die berg die storm alles een En die bliksem skeur die hemel En die wind se wolwehuil Nooi die berg se stroefste bome vir die dans En mens en dier wat vreesbevange Teen die storm skuil Hoor sy lied weerklink van krans tot krans Lank gelede by die kloof aan die Magaliesberg se hang Na nagte teen die kranse in die reen Het 'n siel gesterf wat kind was Maar op sy manier 'n man En daarna was die berge weer alleen Tog die mense die vertel my As jy op 'n stormnag Sy spoor vat teen die krans uit en daar skuil Hoor jy soms iemand iewers bo die donderslae lag En somtyds weer dan hoor jy iemand huil End