Jou naam kom nooit na vore Nie in grou geregskantore Nie in lêers oor verhore nie Jou diepste, verste spore loop ook dood Ek kan dit nie verduur nie Daar's geen saak en geen dossier nie Geen deure wat nog skanier nie En die wete: Jy's nie hier nie Voel soos lood Ek bly opsoek na lank vermiste mense Maar almal bly my oninhaalbaar voor Die jare skif tot newels voor die lense En die hart verloor maar mettertyd die spoor Die stad bars uit sy nate En die rustelose strate Sonder jou is leeg verlate En ek weet in watter mate ek jou mis Ons praat soms soos tevore En 'n droom word weer gebore Maar 'n wêreld lê verlore In die leegheid van die woorde Wat daar is Ek soek vergeefs na lank vermiste mense Wat om my is, maar onbereikbaar ver Wat langsaam uitgekring het oor my grense Nog lokkend, maar afsydig, soos 'n ster Ek soek vergeefs na lank vermiste mense Wat om my is, maar onbereikbaar ver Wat langsaam uitgekring het oor my grense Nog lokkend, maar afsydig, soos 'n ster