Was ek maar 'n digter, sou ek dalk kon beskryf. Wat jy aan my doen en hoe ek oor jou voel. In gewone taal mag dit klink, as of ek oordryf As ek probeer hoop ek jy sal verstaan wat ek bedoel, Ek sal jou lief hê, tot die hane ophou kraai. Tot die leeu en die lam, bymekaar gaan lê Totdat stilte oor die aarde kom en die wind nie langer waai. Totdat gras aan die hemelryk groei sal ek jou lief hê. Totdat al die woorde van my tong verdwyn. Tot die hoop bestaan, die son niemeer wil skyn. Tot die berge wegsink in die see, en verewig daar bly lê. Di's hoe lank my liefling ek jou sal lief hê. Dit is jy wat my in gedagtes kan wegvoer. Na die maan en die sterre wat deur my venster loer. Jy's die warm van 'n kaggelvuur, die sprank van vonkelwyn. En die son wat die misbank, soggens laat verdwyn. Ek is net 'n mens en my swakheid lê by jou. Hart en siel gee ek, daar is niks wat my weerhou. Net voor die woorde opraak, is daar iets wat ek wil sê. Verewig liefling ek jou sal lief hê Verewig liefling ek jou sal lief hê