Kyk hoedat die son oor Jacobsbaai verdwyn Met die witgekalkte huisies en die seemeeus in jou tuin Kyk hoe smous die locals in Paternoster almal kreef En vir 'n laaste dop by die Pantie Bar sal jy my gou vergeet Kyk net al die tente op Tietiesbaai se sand Kyk hoe vlieg die helder kites oor Langebaan se strand Kyk hoe breek die golwe oor Muizenberg se kus Kyk kook die mense in Kalkbaai almal vis Gee vir my die Suiderkruis Laat dit skyn oor my Miskien as ek gaan slaap Sal die lig by my kom bly Skyn liewe maanlig Skyn oor ons land Dan sien ek in my drome weer Die see se spierwit sand Dan sien ek in my drome weer Die see se spierwit sand Kyk hoe 'n duisend sebras in die Wildtuin water drink Hoor hoe 'n donderstorm oor die bosveld-aarde klink Kyk die stokou plaashuis in die middel van die Karoo En die mense wat op die stoep sit wat soos kinders nog kan glo Kyk die Jakarandas lê pers om die Brooklyn Mall Kyk die reënboog kleurtapyt wat oor Namakwaland uitrol Kyk die spierwit aarde in die Vrystaat se wintertyd Kyk hoe groet daai windpomp dis die eensaamste geluid Gee vir my die Suiderkruis Laat dit skyn oor my Miskien as ek gaan slaap Sal die lig by my kom bly Skyn liewe maanlig Skyn oor ons land Dan sien ek in my drome weer Die see se spierwit sand Dan sien ek in my drome weer Die see se spierwit sand Kyk hoe vat ons hande Toe Madiba daai dag groet Ek is lief vir hierdie wêreld Dis my mense Dis my - bloed