Vanaand sal ek jou soek Oor ñ flikkerende kers Vanaand sal ek jou roep Oor ñ onvoltooide vers. Want ons harte het geweet Wat ons gewetes wou vergeet En dis moeilik vir ñ hart Sonder om vir hom te breek. Ek wens vir jou Lemoenbloeisels uit ñ mooi vallei En skadubome langs die pad Voor ons verder ry Drome sonder heinings Liefde sonder seerkry En ñ kamer in jou hart Waar ñ engel kan gaan bly. Aan die einde van my asem Sal die woorde wat ek moet sê Wat ek nou soos ñ offer By jou voete neer wou lê. Maar my lag voel soos ñ leuen Wat die werklikheid wegsteek En net jy en jy alleen Sal ooit hierdie waarheid weet. Ek wens vir jou Lemoenbloeisels uit ñ mooi vallei En skadubome langs die pad voor ons Verder ry Drome sonder heinings Liefde sonder seerkry en ñ kamer in jou hart waar ñ engel kan gaan bly. Sal jy vanaand vir oulaas My asem kom blaas Sodat ek nog net eenkeer ñ gedig oor jou lyf kan blaas En heelnag langs jou sit Want die somers te verjaag En hopeloos te bid Vir ñ tweede kans vir ñ tweede kans. Ek wens vir jou Lemoenbloeisels uit ñ mooi vallei En skadubome langs die pad Voor ons verder ry Drome sonder heinings Liefde sonder seerkry En ñ kamer in jou hart Waar ñ engel kan gaan bly.