'N Man van Stof Vat my hart my brah As ek voor God se tolhek staan Hy sal my skuld afbetaal as 'n arm man vir genade vra Hiers die nare waarheid broer ons almal gaan platsak hemel toe Aan die anderkant wag jy weet wie want die Engele dra nie Armani nie Eks 'n man van stof, eks 'n man van sand Eks 'n skemer swerwer wat met woorde smous in 'n vreemde land Eks 'n duisend blare deur die wind verjaag Ek soebat song uit die holtes van my katsnaarkitaar En Mamon het my naam geroep Is dit 'n seën of is dit 'n vloek Om een keer vir my te wys hoe die einde van die reënboog lyk Vir 'n pot vol goud sal ek wegdwaal voor God se oë staan ons almal kaal Tollenaars van die nuwe tyd, twee keer uit die Paradys gesmyt Eks 'n man van stof, eks 'n man van sand Eks 'n skemer swerwer wat met woorde smous in 'n vreemde land Eks 'n duisend blare deur die wind verjaag Ek soebat song uit die holtes van my katsnaarkitaar