Kishore Kumar Hits

Chris Chameleon - Soen lyrics

Artist: Chris Chameleon

album: Ek Vir Jou


Kan jy my van nou die aand onthou?
Want ek onthou jou!
Kan ek jou met my geheim vertrou?
Kan jy geheime hou?
Ek het jou ontmoet en sedertien
Wil ek jou weer sien want
Jy's die vergestalting van my mooiste drome
Nou't ek jou nommer en wil jou bel
Dalk moet ek eers tot tien tel!
En ek wonder hoe ek dit moet stel
Hoe sal ek dit dan vertel?
Ek begin te bloos nog voor ek kan praat
O! rooigesig verraad!
Want jy's die vergestalting van my mooiste drome
En ek stotter as ek met jou praat en my stem breek
En ek vrees dat jy dalk my gedagtes kan lees
Want ten spyte daarvan dat ek my beskaafd voordoen
Wil ek jou eintlik net gryp en jou soen
Jy't gedink dis vreemd dat ek jou bel
Ek was bly jy't opgetel
Jy't ingestem om uit te gaan
En ek was oor die maan
Ek kon my groot geluk nie glo
Iemand hou van my daarbo
Want jy's die vergestalting van my wildste drome
Toe't ek jou met die rooi motor gaan haal
Blink vosperd met n nuwe saal
Met n bos vol blomme voor jou deur kom staan
Uitgevat en oorgehaal
Maar toe jy daai deur oopmaak
Het ek amper agteroor geval
Want jy's die vergestalting van my mooiste drome

Поcмотреть все песни артиста

Other albums by the artist

Similar artists