Ek was die clown in julle kerkdiens, die pastorie se bank Ek het gekots in die kollektebord, en wie moet ons bedank? Ek het rumoer in julle sitkamer, ek het die skinkbord omgekeer Ek het die konsistorie swart geverf, die was my favourite kleur Al my vriende was so mal soos ek, hulle het hulle wangedra Hulle was die vlieë in die salf van jong Suid-Afrika Maar niemand het geweet hoe eensaam ons gevoel het nie En niemand het besef hoe baie moeite was die anargie Ons woede was soos die masker van 'n boere Generaal Die oorlog was ons erns, maar iewers diep het ons geweet Ons sal eendag die gelag moet help betaal Berou kom soms te laat, maar ek konnie wag tot tagtig nie Dieselfde stupid foute maak op dieselfde ou manier Al moet ek ter versagting sê, my rug was teen die muur Maar ek's so jammer oor die mense wat ek weggegooi het langs die pad Die kinders en die kunstenaars wat saam met my daai drugs wou vat Al die harte wat gedamage is in die spervuur van ons cause Ek wens ek kon dit regmaak, ek wens ek kon die knoppie druk vir "Pause' Maar niemand het geweet hoe eensaam ek gevoel het nie En niemand het besef hoe baie moeite was die anargie My woede was soos die masker van 'n boere Generaal Maar iewers diep het ek geweet ek sal eendag die gelag moet help betaal