Partykeer is hy vrolik soos 'n deuntjie, dan wil ek hom kiellie tot hy lag Partykeer lyk hy almeer 'n seuntjie, die liefde in sy oë is oop en sag Hy's net 'n bondel energie en wilde wense, selfs as hy sanik in my arms deur die nag Ek sal hom uitken tussen duisend ander mense, Jy sê hy's lelik, maar vir my is hy te pragtig Koortjie: Dis die luilekker, luierlekker lewe, dis die opstaan en die swaarkry in my vaak So 'n luierlekker, luierlekker lewe Dis die geploeter en gefoeter met sy doeke en sy goeters wat my moeg maak Dis wat my so moeg maak Hy's roekeloos en rond net soos 'n rympie, of 'n wysie wat herhaal word elke uur Hy's ook die stront in die mond van die vroee more stond Want hy pis net soos hy lus is en hy poep so gesond So baie plekke waar hy lek, so baie gate waar hy stink Soveel spoeggies en gedroggies op sy lyf rond, Soveel spoeggies en gedroggies oor sy lyf rond Koortjie: Dis die luilekker, luierlekker lewe, dis die opstaan en die swaarkry in my vaak So 'n luierlekker, luilekker lewe Dis die geploeter en gefoeter met sy doeke en sy goeters, Al hoe later en hoe kwater tussen bake warm water En die reuk van bitter akkies en sy bolle bolle kakkies wat my moeg maak Ooo, dis wat my so moeg maak... sies!