Die babbelaas was fokkol teen die bomskok, die anargie was fokkol teen die opfok Die nagmerries was fokkol teen die elke dag se vrees Die jippo guts was fokkol teen die stories wat jy lees Van crack in die lokasies en messe in die straat Is steeds gister se oop wonde wat nog oopbloei, wat nog praat Dis die etter in die sweer van '48 se vloek, Dis die trane wat ons inhou, al die name in God's boek Van die maters van die struggle, en die heroes sonder stem Dit was afrika se vuurdoop, dit was die oorlog van die lem Wat loop en krap in vullisblikke, en wat sterf in ongelukke Soos die mini-bussies omval en die tsotsies skree en skiet. In hierdie land van bloed en weerwraak, hierdie skrikkeljaar-gebied Tussen die rainbow en die riots, die Rizlas en die rush En die skrale troos van Castle vir al die swartes sonder pas Tog vlam ons hoop weer redeloos oor die sunset van ons taal Wat doen ons in two thousand, dra ek 'n trui of slaap ek kaal? Is daar 'n method in die madness van 'n baie ou verhaal?