Kishore Kumar Hits

Die Melktert Kommissie - Spinnerakke lyrics

Artist: Die Melktert Kommissie

album: Wonderwoorde


Spinnerakke teen my muur
En aan my siel
Die son het lankal verdwyn
Sprnnerakke om my glas
Spinnerakke hou my vas
Die kokkerotte drink my wyn
Tussen skadu's
Dink ek weer aan jou
En dans saam met die vlamme
Wat die spinnekoppe weghou
Tussen skadu's wat saamsing
Teen my muur
Soek ek na jou silhoeët
Tussen spinnerakke in elke uur

En aan staal snare
Veduidelik ek my hart
En aan staal snare
Knoop ek jou styf vas
Maar hoekom kuier jy
Net in my storieboeke
Jy dwaal in my gedagtes
Diep in my droom
En hoekom probeer
Ek jou karakter uithaal
En vlees en bloed met elke soen
In jou hart inblaas
Jy laat my wonder
Jy laat my treur
Gisteraand het jy jou
Lippe aan my siel afgevee
Jy bly onskuldig
Ek bly lief vir jou
Dis onregverdig
Dalk hou ek net te veel van jou

En aan staal snare
Veduidelik ek my hart
En aan staal snare
Knoop ek jou styf vas
Maar hoekom kuier jy
Net in my storieboeke
Jy dwaal in my gedagtes
Diep in my droom
En hoekom probeer
Ek jou karakter uithaal
En vlees en bloed met elke soen
In jou hart inblaas
Jy laat my wonder
Jy laat my treur
Gisteraand het jy jou
Lippe aan my siel afgevee
Jy bly onskuldig
Ek bly lief vir jou
Dis onregverdig
Dalk hou ek net te veel van jou

Spinnerakke teen my muur
En aan my siel
Die son het lankal verdwyn
Sprnnerakke om my glas
Spinnerakke hou my vas
Jy drink stillitjies weer van my wyn
Van my wyn

Поcмотреть все песни артиста

Other albums by the artist

Similar artists