Kom klim op my sterskip Hy's besig om te sink Dan kan ons gestrand, êrens in die hemel op eindig Vasgekeer, met jou rug teen die heelal Hoe sal ons vanaand vergeet (Woah ooh) Al die perde en die ridders Het al lankal verdrink Met hul waar panser-pakke In die nag weggesink Uitgevang, met jou drome op my lippe Hoe sal ons, mekaar vergeet (Woah ooh) As jy weer sal luister Sal jy my nog hoor roep Oor die einders van die note Tot teen die grense wat jy voel Uitgevang, met my foute op jou lippe Sal jy my weer oorweeg (Woah ooh)