Kishore Kumar Hits

Herman Kleinhans - Amsterdam lyrics

Artist: Herman Kleinhans

album: Kamer 4


Amsterdam
Ek loop deur die strate van Amsterdam stoksielalleen
Ek dink aan al die dinge wat ek het om te deel
Maar langs die kanale word die vrae weer 'n paar te veel
Dalk is dit tyd vir iemand om my in te kleur
Toe was daar Hester en sy het gespeel
Met elke oomblik, sy het stukke gesteel
Van daardie legkaart waaraan ek so bou
En die prentjie wat oorbly
Is een sonder jou
Ek loop deur die strate van Mechelen en dit reen
En al wat ek soek is 'n nuwe hart om te steel
Maar die aand is te skaam
En die foto in die raam is te bleek
Dis dalk nou 'n goeie tyd om hom op te skeur.
Ek loop deur die strate van Parys en ek moet se dis vreemd
Koppe omhoog na 'n toring met liggies bedeel
Maar aan die eenkant van die straat
Staan daar mense op mekaar en skrees
Dan wonder ek of almal dan nou werklik
Dieselfde siening deel

Поcмотреть все песни артиста

Other albums by the artist

Similar artists