Kishore Kumar Hits

Johannes Kerkorrel - Aa, Mens! lyrics

Artist: Johannes Kerkorrel

album: Die Ander Kant


Onse milde God van alles wat soet en mooi is,
Laat U naam altyd in ons geberg bly en daarom heilig,
Laat die Republiek tog nou reeds kom,
Laat ander hul wil verskiet
Gee skiet, gee skiet
Sodat ons ook n sê nag hê,
N Sê soos n see
Wat om die kuste van ons hemelse Stilberge lê.
Gee dat ons vandag ons daaglikse brood mag verdien
En die botter, die konfyt, die wyn, die stilte,
Die stilte van die wyn,
En lei ons in versoeking van velerlei aard
Sodat die liefde van lyf tot lyf kan spring
Soos die vlammetjies van as is - is van berg na berg
Braambos van vuur tot aan die witste maan bring.
Maar laat ons ons verlos van die bose
Dat ons kan afreken met die skuld van eeue
Se opgebergde uitbuiting, se geroof, se verneuke,
En die laaste rykman vrek aan sy geld vergif.
Want aan ons behoort die menseryk, die krag en die heerlikheid
Van nou af tot in alle ewigheid net so ewig
Soos die skadu's en grensposte van die mens
As hy goddelik die aarde uit die hemel skeur,
Aa mens! Aa mens! Aa mens!

Поcмотреть все песни артиста

Other albums by the artist

Similar artists