Blink Ster deur Die Radio Kalahari Orkes Jy kan die ligte van Jo'burg uit die hemel sien Ek het maklik twee pond elke aand verdien Ons het cocktails gedrink in die New York Cafe En Sondae met die trollie na Zoo Lake gery Buite Ansie's het die Bentleys in lang toue gestaan Die rykes se partys het heel nag aangegaan Hoogste geboue suid van die ewenaar Sodom en Gommoro van die Ou Transvaal Blink Ster van die Witwatersrand Jou ligte het verblindend in die donker gebrand Goud onder goud en skyscrapers daarbo Die stad sal vervrolik jy kon amper nie glo Die strate is donker en my toorts is flou Maar ek sweer ek sien Jingos in swart taxi dou Hulle staan op 'n balkon en rook sy sigaars Dis die Lords en die Ladies wat in die eetsaal baljaar Aai jaai die klank van 'n orkes met viool en kitaar En die vure is genoeg vir al die geld * gesig staar Die spierwit maskering wat die mooi meisies dra 'N Gietsel * borde * caviar Ek wil bitter graag ingaan maar ek is net 'n straat hoer En hulle Jingo my base * en die * ou mode Buitendien ek erken hulle is almal net spoke Ek sal mos weet want ek is een ook Nou slaap die homeless in geboue se deure Hulle breek en brand rommel in oliedrom vure Dalk is die vlamme ook vir God se * Nagtelike juwele van die liewe Transvaal Blink Ster van die Witwatersrand Jou liefde het verblindend in die donker gebrand Goud onder goud en skyscrapers daarbo Die stad sal vervrolik jy kon amper nie glo . . . * Onduidelik. Help asseblief met die woord(e) hier