'N Tam maan hang van boom tot boom Jou hart skuif oor in skemer, jy verstyf Jou mond soek klanke, verweef in 'n droom As ek om jou vou in 'n vreemde lyf Vinke sketter die oggend geel Voor die son, dra jou drome weg Na takke, om swewende neste te vleg Ek wens die voëls wil ophou neul Sê jy en draai jou weg van my Vinke spartel om hul tydelike verblyf As jy dit wil, sal die voëls stilbly Ek sien 'n maan in die dag wegdryf Later sal jy by iemand anders lê, 'n vink Hoor ruisel êrens, en dalk aan my dink 'N Tam maan hang van boom tot boom Jou hart skuif oor in skemer, jy verstyf Later sal jy by iemand anders lê, 'n vink Hoor ruisel êrens, en dalk aan my dink